#2 Bronne vir jou opstelle en projekte

Daar is hoofsaaklik 3 plekke waar jy betroubare bronne vir jou opstelle en projekte kan gaan soek:

  1. Die internet (ʼn slagveld van onbruikbare bronne, tensy jy weet waar om te soek)
  2. Boeke (die biblioteek en boekwinkels – as jy ʼn boek wil koop)
  3. Ander tekste soos koerantberigte, tydskrifte, handboeke en klasuitdeelstukke.

Die Internet

Hierdie is seker die gerieflikste en maklikste bronne om te raadpleeg. Op die internet kan jy artikels, joernale, blogs, video’s of spesialiteit webtuistes soek. MAAR hierdie gerief kom met verantwoordelikheid.

Nie alles wat jy op die internet in die hande kan kry, is noodwendig geldig of betroubaar nie. Wanneer jy dus die internet as soekmasjien gaan gebruik is daar ʼn paar riglyne wat jy in gedagte moet hou wanneer jy ʼn bron se betroubaarheid probeer bepaal.

  1. Is daar ʼn volle naam en datum by die artikel? Gewoonlik as iemand “nonsens” publiseer, sal hul nie ʼn volle naam meld nie. Wees bedag op name wat vir die gesonde verstand verdag lyk. Bly ver weg!
  2. Probeer om artikels uit gevestigde joernale en publikasies te gebruik, soos Literator, South African Journal of Science, ens. Moet ook nie voel dat jy neuroties is as jy net vinnig die joernaal of skrywer google nie. 
  3. Vlakke van betroubaarheid: Gebruik eerder joernaal artikels, navorsingsartikels, boeke, webtuiste en artikels deur instansies eerder as persone. Tensy die persoon verbind kan word met geakkrediteerde instansies en publikasies.
  4. Onthou om al die inligting te vind wat deur jou verwysingskonvensie vereis word.
  5. BELANGRIK – meld die volledige datum en URL van jou bron. Die rede hiervoor is dat indien daardie artikel of webtuiste vir watter rede ook al “oornag” van adres verander of net spoorloos verdwyn, kan jy steeds die verwysing gebruik. Jy meld daarom dat die artikel op daardie spesifieke dag daar was.

Boeke

Die maklike opsie is om die boeke wat jou lektors aanbeveel te gaan koop, maar ek dink dit is veilig om te sê nie almal se pa’s is miljoenêrs nie. So die beste plek om na boeke te gaan soek is die Bib. (Ek sal later weer oor die koop van boeke praat).

Elke universiteit het ʼn hoof biblioteek en verskeie kleiner biblioteke. In meeste gevalle is dit onderwerpspesifieke biblioteke, soos ʼn mediese biblioteek of botaniese biblioteek.

My 1ste brokkie raad is gaan besoek die hoofbiblioteek en gaan praat met die mense wat daar werk. Hulle sal jou kan verwys na die regte afdelings en of jy dalk ʼn kleiner vakbiblioteek moet besoek.

ʼn Universiteitsbiblioteek sal sonder twyfel ʼn webtuiste hê, besoek dit gereeld en gaan snuffel. Hier is van Suid-Afrika se universiteitsbiblioteke se webtuistes:

Deur hierdie biblioteekwebtuistes sal jy aanlyn deur verskeie biblioteek katalogusse kan blaai. Dit beteken jy sal inligting oor fisiese boeke kan opspoor. Baie universiteite is ook intekenare van spesifieke soekenjins soos EBSCOhost of Emerald. Hierdie soekenjins sal jou help om bronne op te spoor wat betroubaar is. Indien jy nie seker is hoe om dit te gebruik nie, vra die biblioteek personeel, google dit of gaan kyk op YOUTUBE.

Ander Tekste

Soos ek vroeër genoem het, kan jy boeke koop alhoewel dit baie duur is. My persoonlike aanbeveling is dat jy oordeelkundige besluit watter boeke die moeite/geld werd is om aan te skaf.

Ek het byvoorbeeld Afrikaans en Engelse letterkunde as hoofvakke geneem en dus besluit dat ek die meerderheid van my romans, kortverhaalbundels en drama’s gaan koop. By hoofrede hiervoor is dat ek nie noodwendig die boek sou klaar gebruik binne die uitleen tyd van die biblioteek nie. In my geval was dit ʼn maksimum van 3 weke. Ek sou ook van die romans wou gebruik wanneer ek voorberei vir die eksamen en dan sou ek 5 biblioteek kopiee met ongeveer 400 ander studente moes deel – dus die moeite en geld werd om jou eie kopie te he.

Sou jy wetenskaplike boeke benodig, stel ek voor jy koop slegs dié wat vir jou meer as 1 jaar kan help. Hier dink ek aan anatomie-, chemie- of fisika-boeke waarna jy jaar na jaar kan terug verwys.

Moet ook nie tweedehandse boeke onderskat nie. Hulle is altyd goedkoper en partykeer kry jy die bonus van die vorige eienaar se notas.

Nagraadse studente

My beste raad ten opsigte van bronne vir nagraadse studente is om so gou as wat jy kan verwysingsprogrammatuur aan te skaf en te gebruik. Dit maak die lewe soveel makliker!

Meeste universiteite en instansies het ʼn kommersiële lisensie en kan dit verniet aan jou verskaf – so maak seker by jou instansie se biblioteek watter programmatuur hulle beskiknaar het en of daar dalk opleidingseminare is. Ek kan ʼn kortkursus beslis aan beveel, dit help om jou aan die gang te kry.

Hier is ʼn paar opsies waaroor jy navraag kan doen:

  • Refworks
  • EndNote
  • Mendeley
  • Zotero

Ek het al RefWorks gebruik, maar dit bietjie oorweldigend gevind. Op die oomblik gebruik ek EndNote en vind dit maklike en eenvoudig om te gebruik.

Die volgende blog sal die afterservice vir jou opstel of werkstuk bespreek. Dit is net so belangrik as verwysings en bronne, want dit skep ʼn spesifieke indruk by die persoon wat jou werk gaan merk.

Groete tot volgende week 😉

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *