#3 After service vir jou opstel

Hierdie gaan ʼn kort maar belangrike inskrywing wees. Dit is deel 3 uit ʼn reeks van 3 posts oor opstelle. Wat ek met “After service” onder jou aandag wil bring is dat dit belangrik is en moontlik jou punte kan beïnvloed.

Stap 1

Nadat jy nou die opstel kant en klaar geskryf en die verwysings volledig afgerond het, druk ʼn harde kopie uit en sit dit eenkant. Gaan maak nou ʼn lekker koppie koffie, gaan stap ʼn ent of gaan fliek saam met ʼn pel of gaan slaap as jy nog jou self in die klein uurtjies van die nag bevind. Dit is om jou aandag vir ʼn klein rukkie af te lei van die opstel, sodat jy met vars oë na die werkstuk kan kyk.

Stap 2

Gaan nou met ʼn vars brein die volgende aspekte na:

  • Spel- en taalfoute
  • Spasiëring
  • Uitleg
  • Woordtelling
  • Algemene formatering as jy grafika/grafieke in jou werkstuk gebruik.

Daarna;

  • Kyk vir konsekwentheid soos punte en kommas
  • Kyk dat jy al die vereistes van jou verwysingsstyl nakom (Harvard, MLA, APA)

BONUS

Naslaan en verwysings wat kan help

Laastens beveel ek dit sterk aan dat jy YOUTUBE as ʼn hulpbron beskou wat jou eindelose wenke kan verskaf. Ek het self al ‘n hele paar handige wenke hier opgetel.

Hier is ʼn paar kanale wat ek kan aanbeveel:

Groete tot volgende week 😉

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *