Maandag, 15 Januarie 2018
Dag!
Einde hierdie week gaan ek na die 2018 USAN kongres vir jong navorsers, waaroor ek nogal opgewonde is. Ek bied nou wel nie ‘n referaat hierdie jaar aan nie, maar hoop om ‘n hele paar interessante nuwe dinge te leer.
Vandag gaan hoofsaaklik gewy word an admin en om reëlings te tref. Ek gaan oorbly by ‘n vriendin wat in Somerset-Wes woon en so kan ons ook bietjie kuier.
Dan is die plan om ook my opsommings klaar te maak hierdie week – daar is nog net 2 weke oor.
Lekker week verder
Groete