
Boek 1 – Dolfie Weerwolfie
Dolfie is ‘n weerwolf. Hy vind dit met volmaan op sy 7de verjaarsdag uit.
Hierdie is die eerste 2 boeke in ‘n reeks van 16 wat vertaal is uit Nederlands. Die algehele storie vertaal redelik goed tot ‘n Suid-Afrikaanse konteks, omdat Dolfie in ‘n stad woon.
In deel 1 leer ons vir Dolfie ken, asook sy huisgesin. Sy beste vriend is ook sy aanneembroer, maar wat het van Dolfie se bloedfamilie geword?
Boek 2 – Dolfie Weerwolfie: Volmaan
Weerwolwe en vampiere is die laaste paar jaar baie gewild onder jongkinders en hierdie is die ideale boeke om die fantasiewêreld van legendariese kreature te betree.
Dit is in eenvoudige taal geskryf, met kort, maklike sinskonstruksie geskryf. Dit kan selfs as ‘n lekker leer-leesboek gebruik word.
Aahoooeee! Dolfie Weerwolfie!