Uitdagings!

Nuwe jaar, nuwe dinge!

 

Die plan is om elke maand ‘n boekuitdaging op Instagram te doen. Ek daag myself uit om ‘n bepaalde aantal boeke in ‘n spesifieke tyd klaar te lees. Jy is welkom om ook vir jouself uitdagings te stel – kom ons lees leeker saam!

Weereens dit is die plan om een keer permaan ‘n pakkie boeke te lees, maar soos 2020 ons geleer het, verloop dinge nie altyd volgens plan nie. Ek het reeds met die eerste uitdaaging van 4 boeke in 48 uur geval. Ek het net 3 uit die 4 boeke klaar gelees. Tog, was dit vir my lekker om die oujaar uit en die nuwejaar in te lees.

Daar sal blitsresensies oor elke boek, of verhaal as dit ‘n omnibus is, op Instagram en natuurlik ook hier op Nerd Literêr verskyn.

 

Januarie 2021

  1. Dolfie Weerwolfie-reeks (boek 1 & 2)
  2. Die Avonture van Speurhond Willem 3-in-1
  3. Ouma Hester en die Arnosterfant (iets opwinded broei hier – meer later)
  4. Die Ickabog (nog nie klaar nie )
  5. Wêreld van Weerwolwe: Eerstebloed (Kompensasie-boek)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *