Februarie Boekuitdaging

Boek #1: Sterre vir die Donker – Noreen Nolte

Helena, haar ouma en J.R.R. Tolkien se The Lord of the Rings.

Wat het hierdie ooglopende onverwante goed met mekaar te doen en waar kom die sterre in? Goeie vrae en “all in good time” – soos hulle sê in alle goeie stories.

Hierdie boek gaan oor reise. Helena se reis na heel word na verlies en rigting vind vir haarself. Luca se soeke na ‘n ware identiteit, asook Jean se reis na volharding en die wete dat as die kortpad die kortpad was, het die nasionale hoofweg daarlangs geloop.

Helena is haar eie “hero” en vind deur haar viool nuwe uitdagings en rigting.

Jy sou nooit die sterre in die hemelruim kon sien, as dit nie soms ‘n bietjie donker word nie.

Onthou om op die uitkyk te wees vir sterre in die donker op jou eie reis.

Sterre vir die donker deur Noreen Nolte is beslis op my Moet-lees-lysie vir 2021!

Boek #2: Die Projek-Omnibus – Maritha Snyman

Pragtige voorblad

Angelette, Soekie en Toni is maats op ‘n ongewone manier. Hulle ouers besit almal winkels in die Ninapark kompleks.

1. Projek Paddaprins

Daar is paddas oral in Parfumerie… En elke nou en dan is Monique, die winkel assisten in ‘n toestand. Stephan, wat ‘n sportskoenwinkel – kampioenskoene besit, kom getrou elke keer tot haar redding. Hy is nou nie die “looker” wat ‘n prinses verwag nie, maar hy is superfiks en het spiere. Nadate Soekie bietjie tyd spandeer in die torinkie in haar ma se boekwinkel kom sy tot ‘n besef wat eintlik hier aan die gan is, terwyl Angelette en Toni probeer uitvind wie die paddas orals los. Waar kom die paddas vandaan? Wie is die metaforiese padda en kry die prinses haar prins? Jy sal maar self moet lees vir antwoorde.

2. Projek Boontjierank

Tonie beland per ongeluk in die moeilikheid by die eienaar van Ninapark – Mnr. Pottas. Die einste Mnr. Pottas het die oorspronklike eienaar van Ninapark ingedoen het en dan is daar boonop die diefstal by die antiekwinkel. Natuurlik gaan Soekie, Angelette en Toni agter die kap van die byl kom. Net jammer dat Toni so graag ‘n mamma wil hê en hy probeer so hard om uit te vind wat van sy mamma geword het. Oupa help hom so bietjie, maar jy sal maar self die boontjierank moet uitklim vir antwoorde.

3. Projek Doringrosie

Toni het mos allerande vrae gehad oor sy ma. Wel in hierdie aflewering van die Projek-reeks is Toni nog in die hospitaal na sy groot val. Waar sy ma glad opgedaag het. Hy het toe wel ‘n ma, maar hoekom het sy oupa en pa dan gejok oor haar en hoekom het sy hom nie vroeër kom soek nie? En dan kom daar ook Facebook tersprake, want mens kan tog so baie dinge uitvind oor mense op “Bakkiesboek”…

Hierdie omnibus van 3 lekker lees stories, hoort beslis op almal se bedkassie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *