Boekuitdaging: 3 Adrenalien boeke in 3 dae!

Wie skrik tog vir spoke?

Nie hierdie leser nie. Hierdie maand het ek sommer 2 boeke vol spookstories gelees. Francois Bloemhof is ‘n bo-baas spookstorie skrywer en al het ek net #2 en #3 gelees, moet jy #1 beslis nie onderskat nie…

Spooksoeker – François Bloemhof

Hierdie spookstories is nou nie besonder grillerig nie, maar daar is genoeg “bangmaak” om jou adrenalien aan die pomp te kry. Dit behoort nie die gemiddelde of selfs gewaagde leser nagmerries te gee nie. Want onthou Warno en Allies is op die case.

Dié 2 beste pêlle help eintlik 2 eeueoue broer-spoke se oorlog beredder. Maar dinge raak onvoorspelbaar en Henry hou daarvan om speletjies te speel…

Warno Alberts is ‘n spooksoeker en om eerlik te wees, Richard het hom eerste kom opsoek… om hom te waarsku oor Henry. Allies is sy beste vriend en hy kan dinge SIEN! In die verlede én deesdae sommer die toekoms ook met behulp van ‘n spesiale bril.

Verdwyn. Rus nou!

Ons leer met verloop van dié 3 boeke vir Warno en sy vriende ken. Jy vind ook ‘n hele paar geheime uit, soos dat elke keer wanneer Warno ‘n spook verjaag, hy “iets” verloor maar ook “iets” bykry. ‘n Superkrag as jy wil – ‘n nael vir ‘n kokende aanraking of die vermoeë om iemand baie kwaad te maak.

Die lekker ding van hierdie boeke is, dat jy dalk #1 kan mis en nog steeds lekker kan lees aan #2 en #3 soos in my geval. As jy kan saam leef daarmee om nie die fynere detail te weet van hoe Warno ‘n spooksoeker geword het nie, kan jy steeds baie lekker lees aan die res van die trio. Jy moet wel dit in volgorde lees, want een ding lei tot ‘n ander en dan mis jy al die aksie. Daar is ook ‘n paar wilde draaie.

Moenie dink jy weet hoe dit gaan uitdraai nie – al is daar net 4 bladsye oor!

Kom uit, kom uit, kom uit! 👻 En lees lekker aan Spooksoeker.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *