Beurtkrag Resensie #2

Candle with text.

Tyd om te skaats (2021) – Jacolet van den berg

“Tyd om te skaats” is nog cooler as die glitter op die voorblad!

Wie onthou die rolskaatsbane van die 1980’s? Wel, dit was ook ‘n bietjie voor mý tyd, maar hierdie boek sal jou beslis laat wens jy kan sommer nou gaan rolskaats.

Hannah se omstandighede by die huis is moeilik. Haar pa was ernstig beseer in ‘n ongluk by sy werk en haar pa se vennoot het met die hele besigheid se geld verdwyn. Haar ma bak asemrowende troukoeke en Hannah gaan soek skuiling in haar boom, haar boomhuis om presies te wees.

Dan vra cool Lua vir Hannah om by Cakes and Blades uit te help – kan jy jou ‘n cooler koffiekroeg voorstel – kelners op rolskaatse? En dan is dit nog by die akwarium ook! Uiteindelik kry Hannah die geleenthied om van haar omstandighede te ontsnap.

Ben werk met die dolfyne en Hanna maak gou kennis met hom en sy broer, Leo, wat ook by Cakes & Blades werk. Hier broei ‘n ding…

Hierdie boek het verskeie interessante kinkels en ‘n goeie skoot natuurbewaring en herwinningsadvies as agtergrond.

Dit was beslis ‘n lekker boek vir die donker, want lugbesoedeling deur steelkoolkragopwekking dra ook by tot die besoedeling van die oseane.

So gaan trek jou “blades” aan wat dis “Tyd om te skaats”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *