Beurtkragresensie #3

Candle with text.

Beurtkrag Resensie #3

 

Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Spookstories – Jeff Kinney

As jy ongeveer 10 jaar oud is en dink vreemde spookstories en ander ongewone monsters skrik jou nie af nie – is hierdie boek vir jou.

Hierdie stories gaan jou laat lag tot jou tande uitval.

Want het jy al gedink wat sou gebeur as jou beste vriend in ‘n spook verander, of wat dink mummies van tv’s? Of wat kan gebeur as jy lieg en die vlek op jou hemp kry ‘n lewe van sy eie?

Onthou jy die lekker reeks ” ‘n Dagboek van ‘n Wimpy kid” deur Jeff Kinney? Daar was selfs ‘n fliek of 2 gebasseer op dié boeke. Gaan loer beslis op Jeff Kinney se webtuiste vir nog cool boeke: https://wimpykid.com/ Hierdie reeks boeke is net so AWESOME!

As jy van hierdie boek hou, daar is nog 2 warna jy kan gaan kyk in Afrikaans:

1. Dagboek van ‘n Vreeslike Vriendelike Outjie
2. Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendlike Avontuur

Vir die GROOTMENSE: Hierdie is die ideale boek vir ‘n binnger leser of iemand wat nog nie reg is vir ‘n boek met digte teks of groot moeielike woorde nie. Die sketse tussen die teks maak die boek lewendig vir die jongerleser en maak die leeservaring net soveel lekkerder. En natuurlik is die stories skreeusnaaks en ongewoon…

Al is hierdie booek oorspronlik in Engles uitgegee, lees dit net so lekker in Afrikaans.

#EkLeesLAPA #boeke #books #monsters #spoke #ghosts #children’sliterature #kinderliteratuur #lekker

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *