Boekuitdaging #4 : 10-in-2 by Einstein se Snor

‘n Lekker avontuur van Zombie-tamaties, Snotzilla & gevaarlike tuinkabouters.

Ek hou julle op hoogte in watter eksperiment van Professor Fungus ek myself bevind.

Zombie-tamaties – oppas, hier kom ek 🍅🍅🧟

#EkLeesLAPA #wetenskap #ProfFungus

 

Deel 1

 

Professor Fungus 5-in-1 (2020)

Professor Fungus is een van die coolste Professore wat jy kry!   Die tweeling, Jenny en Bennie, gaan kuier gereeld by Prof. Fungustus Plunotius Salmonella Langerhans Bunzen van Dyk B.Sc. M.Sc. Ph.D. BTW L.O.L

(Bonus punte vir die grootmense wat die grap kan raak sien…) Saam ervaar hulle die wonderlikste avonture. Eerste is daar Zombie-tamaties, in stede van vinniggroeiende groente. Dan is daar die miniatuur-avontuur, mensvreter-pirahnas om die akwarium te red, ‘n reuse Snotzilla en nog dinosourusse ook.

Hierdie 5-in-1 omnibus van Jaco Jacobs se bobaas avontuur stories is ‘n fees om te lees. Jy sal nooit verveeld wees nie en die illustrasies is ongelooflik.

 

Deel 2

Professor Fungus 5-in-1 (2021)

Prof. Fungustus Plunotius Salmonella Langerhans Bunzen van Dyk (BSc MSc. Ph.D. BTW L.O.L) is terug met nog avonture vir Bennie en Jenny.

Daar is robotte om van te ontsnap en dan moet hulle natuurlik vir Edison red. Wie sal dan vir hulle koeldrank bring?

Die Jellie monsters van Mars is dalk klein en gevaarlik, maar Bennie kry ‘n blink plan om van hulle ontslae te raak.

Snaakse dinge gebeur in Professor Fungus en die BreinDrein Masjien en daar is ‘n diepsee-dilemma.

Laaste maar nie die minste nie is steek daar vreeslike gevaarlike tuinkabouters kop uit. ‘n Mistirieuse pakkie word vir die Prof. afgelewer. ‘n Tuinkabouter wat hy nie bestel het nie en die ding knipoog op sy eie… Dit kan net Zenobia Ziervogel se werk wees!

Jy sal maar die boek moet lees om uit te vind wat sy alles aan die arme professor gedoen het. Daar was beslis nie net een kabouter betrokke nie.

So by Einstein se snor! Nog ‘n Jaco Jacobs omnibus propvol lekker avonture…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *