SA Festival of Children’s Literature

‘n Eerste vir Suid-Afrika en Kinderliteratuur

Hierdie naweek het daar ‘n geskiedkundige fees, sy eerste verskyning gemaak. Aanlyn en veilig in vandag se algemene situasie.

Daar was 3 dae van stories, onderhoude en gesprekke oor boek, boeke en nog meer boeke. Dit was ‘n absoluute fees!

Webtuiste:  http://www.safestivalofchildrensliterature.co.za/

Die fees loop vandag teen einde, maar as jy nog wil registeer:  registreer hier!

Dit is georganiseer deur die boekefeesman – Darryl Davids en met die hulp van die Opvoedkunde Fakulteit van die Universiteit van Wes-Kaapland. Die hoofdoel van die fees was om fondse in te samel vir die Heartlands Baby Sanctuary wat omsien na babatjies wie se ouers hulle versaak het, en in hulle sorg geplaas word. 

Daar is ‘n splinternuwe toekenning aangekondig  – die SA Children’s Laureate Awards Toegekenning. Dit word toegeken vir  lewenslange bydra tot kinderliteratuur in Suid-Afrika. Hierdie toekennig is toegeken aan: 

  1. Niki Daly (illustrasies)
  2. Sindiwe Magona (tradisionele storieverteller)
  3. Philip de Vos (kinderboeke, vertalings en rympies)
  4. Gcina Mhlophe (Suid-Afrika se Moeder van storiesvertel)

Baie geluk aan al die ontvangers van die SA Kinderliteratuur Laureaat Toekenning.

Laastens, baie geluk aan Zinelda Mcdonald wat vir Big Ears geskep het – die vriendelike karakter vir die fees. 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *