Nerd Literêr Taaldienste

Welkom by Nerd Literêr se Taal-, Vertaal- en Redigeringsdienste!

 

Ek is ‘n taaltowenaar en bied professionele taaldienste aan individue en besighede uit verskillende bedrywe. Ek glo dat taal die sleutel tot effektiewe kommunikasie is, en ek streef daarna om te verseker dat elke woord, sin jou boodskap akkuraat en duidelik oordra.

Nerd Literêr Taaldienste – Literary Nerd Language Services

1. Vertaaldienste:

Ek bied professionele vertaaldienste vir Engels en Afrikaans. Ek is wyd belese in ‘n wye reeks onderwerpe, en het hope ondervinding met mediese navorsing en Afrikaans in al sy variëteite, wat verseker dat elke dokument, artikel of teks akkuraat, effektief en binne konteks vertaal word.

2. Redigeringsdienste:

My redigeringsdienste is ontwerp om jou skryfwerk te laat blink en te verseker dat dit duidelik, bondig en foutloos is. Of jy nou hulp nodig het met akademiese werkstukke, mediese dokumente, navorsingsdokumente of persoonlike skryfwerk, ek is hier om jou te help.

3. Afrikaans en Engels aanlynonderrig – Afrikaans and English online tutoring:

Ek bied ook aanlyn taalonderrigdienste, beter bekend as online tutoring, vir vreemdetaalstudente of hoërskoolleerders. Ek kan jou help om ‘n nuwe taal baas te raak of om jou bestaande taalvaardighede te verbeter in Afrikaans of Engels. Ek is ‘n gekwalifiseerde taalonderwyser by SACE en spesialiseer in gr 7. tot 12 KVB (CAPS), Cambridge en IEB kurrikullums. Ek gebruik ‘n verskeidenheid tegnieke en strategieë om jou of jou kind te help om enige leer- of taaldoelwitte te bereik.

Waarom Nerd Literêr se dienste gebruik?

  • Gehalte dienste: Ek is toegewyd om hoë gehalte taaldienste te lewer wat aan jou behoeftes voldoen.
  • Professionaliteit: Ek handhaaf hoë standaarde van professionaliteit gedurende alle kliënte interaksies.
  • Mededingende pryse: Ek bied mededingende pryse vir al my taaldienste, wat verseker dat jy waarde vir jou geld ontvang.
  • Vertroulikheid: Ek waarborg dat al jou dokumente en inligting veilig en vertroulik gehou sal word.

 

Kontak my gerus!

Indien jy belangstel in enige van my taal, vertaal of redigeringsdienste, kontak my gerus. Ek sien daarna uit om saam met jou te werk om jou taaldoelwitte te bereik!