Die Groot Sagmoedige Reus (GSR) is onder sensuur Wie het nie grootgeword met die wonderlike, en soms gruwelike, rympies en verbeeldingryke stories van Roald Dahl nie? Hier lê die kanonieke vraag en debat wat in die laaste paar weke losgebars het rondom Puffin se koppe na hul aankondiging van geredigeerde heruitgawes van dié reus […]
Read More
Is jy opsoek na ‘n lekker storie of dalk ‘n gedig? Wel hierdie TWEE bundels bied jou alles. Gaan lees gerus die volle resensie op LitNet Dit is beslis ’n groot aanwins vir enige klaskamer, maar net so ’n lekker boek om tuis saam met ouers te lees of dalk iewers in ’n kombersfort met […]
Read More
Hierdie resensie is vir die laaste vyfminute voor jy jouself in ‘n boek verloor. Gaan lees die volle resensie gerus hier. Kom ons gesels oor die ooglopende olifant in die vertrek: Dié is die hoeveelste boek oor ’n selfdegeslagverhouding tussen twee meisies in Afrikaans? Presies. Daar is beslis min.
Read More
Jeugboeke – Storm en drang: ‘n Onderhoud met Naomi Meyer van LitNet Gaan lees gerus ‘n onderhoud op LitNet oof kinder- en jeugboeke, met spesifieke verwysing na reeksboeke, soos Trompie en Saartjie. Jeugboeke se storm en drang: Onstuimige gesprekke en versugtings na tienerreekse wat die ouers onthou
Read MoreHere we are again! Come visit us again and bring the kids, big and small for a weekend of books and fun. Facebook Page
Read MoreHier is ons weer! Kom kuier gerus en bring die kinders vir ‘n hele naweek van boeke en pret. Facebook blad
Read MoreAs jy aan Kaapstad dink, dink jy waarskynlik aan Kampsbaai en Clifton se spierwit strande. Die waarheid is dat daar soveel meer aan die anderkant van Tafeberg skuil. Hierdie boek wys vir jou bietjie meer van die Skiereiland. ‘n Vakansieromanse en avontuur wat afspeel tussen Muizenberg en Simonstad en sit ‘n paar van Kalkbaai se […]
Read MoreOns almal weet Jaco Jacobs is ‘n meester as dit kom by lekker stories, maar hierdie boek is een vir die rekords. Hy het al verskeie gesogte pryse gewen en weet presies wat kinders van hou – al is dit spaghetti tussen jou tone…. NUUS PAS BEKEND! Die Boekwinkel tussen die wolke het onlangs die […]
Read More
‘n Lekker avontuur van Zombie-tamaties, Snotzilla & gevaarlike tuinkabouters. Ek hou julle op hoogte in watter eksperiment van Professor Fungus ek myself bevind. Zombie-tamaties – oppas, hier kom ek 🍅🍅🧟 #EkLeesLAPA #wetenskap #ProfFungus Deel 1 Professor Fungus 5-in-1 (2020) Professor Fungus is een van die coolste Professore wat jy kry! Die tweeling, Jenny en Bennie, […]
Read More
Beurtkrag Resensie #3 Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Spookstories – Jeff Kinney As jy ongeveer 10 jaar oud is en dink vreemde spookstories en ander ongewone monsters skrik jou nie af nie – is hierdie boek vir jou. Hierdie stories gaan jou laat lag tot jou tande uitval. Want het jy al gedink wat […]
Read More
Tyd om te skaats (2021) – Jacolet van den berg “Tyd om te skaats” is nog cooler as die glitter op die voorblad! Wie onthou die rolskaatsbane van die 1980’s? Wel, dit was ook ‘n bietjie voor mý tyd, maar hierdie boek sal jou beslis laat wens jy kan sommer nou gaan rolskaats. Hannah se […]
Read More
Wie skrik tog vir spoke? Nie hierdie leser nie. Hierdie maand het ek sommer 2 boeke vol spookstories gelees. Francois Bloemhof is ‘n bo-baas spookstorie skrywer en al het ek net #2 en #3 gelees, moet jy #1 beslis nie onderskat nie… Spooksoeker – François Bloemhof Hierdie spookstories is nou nie besonder grillerig nie, maar […]
Read More
Om te dans — Noreen Nolte (2017) Lisa se lewe het handomkeer verander. Sy moes Kaap toe trek om by haar eksentrieke Ouma te gaan bly in die Paarl. Terwyl haar ma gaan mode studeer in Milaan. Lisa ontdooi en skakel mettertyd goed in by haar nuwe skool, maar alles is nie pluis in die […]
Read More
Boek #1: Sterre vir die Donker – Noreen Nolte Helena, haar ouma en J.R.R. Tolkien se The Lord of the Rings. Wat het hierdie ooglopende onverwante goed met mekaar te doen en waar kom die sterre in? Goeie vrae en “all in good time” – soos hulle sê in alle goeie stories. Hierdie boek gaan […]
Read More