Kinderboekrubriek: Die mag van volwassenes se boekkeuses vir kinders

Goue lint, my storie begint: Die mag van volwassenes se boekkeuses vir kinders

Hoe kry jy ’n kind om ’n boek te lees? Maklik, die oudste truuk in die boek: “Jy mag nie hierdie boek lees nie. Hoekom? Want ek het so gesê.”

Klink dit bekend? Dit is hoe volwassenes mag uitoefen oor boekkeuses vir kinders. Nou dit is nie noodwendig die euwel self nie. Daar is ’n etiese verantwoordelikheid om kinders teen dinge soos eksplisiete seks, geweld, pornografie en grafiese materiaal te beskerm. Dit is belangrik en goed en reg. Alhoewel, hoe nader kinders aan ’n sekere ouderdom kom, sal daar vrae wees oor moeilike onderwerpe, en boeke is ’n goeie hulpmiddel om met kinders te praat en hulle op te voed oor onderwerpe soos mishandeling (seksueel, fisiek of emosioneel), geweld, seksuele kontak, wat seks is, veral hoe en wanneer ’n kind moet weet en verstaan dat hulle moet nee sê en vir hulp moet kom vra.

Gaan lees die volle rubriek hier: Goue lint, my storie begint…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *