
Hallo! Ek is Anke (Salomie) Theron.
Ek het Nerd Literêr in 2017 geskep, nadat ek my nagraadse studie in Afrikaanse letterkunde en literêre teorie voltooi het. Ek wou ‘n plek skep waar ek my resensies, opinies en omwentelinge kan deel. Asook ‘n paar handige brokkies raad oor studeer, opstelle en al die klein jakkalsies wat niemand jou vertel voor jy universiteit toe gaan nie.
Dit was ook ‘n manier om myself te dwing om ‘n produktiewe gewoonte te kweek om elke dag te lees en skryf.
Jou vaardighede is net so goed soos die laaste keer wat jy dit gebruik of beoefen het.
Deesdae is dit ook ‘n plek waar jy skakels na artikels oor kinderboeke en enige van die ander plakvorms waar ek my eie opinies deel oor meestal boeke, lees, onderwyssake en vele ander dinge in ‘n wêreld vol paradokse.
Ek hoop jy vind iets van nut hier vir jou studies of bloot net om jou tyd op ‘n interessante wyse te verwyl.
Groete
Anke S. Theron
E-pos: ankes.theron@gmail.com