Jammer vir die laaaaang stilte… maar as ‘n lekker boek jou beet het…. Dan word die hele wêreld stil.
Kompleks is nostalgies vir die grootmense, ‘n droom van groot word vir jongerleaers en ‘n veilige hawe van aanvaarding en ontdekking vir tieners.
‘n Jaar in my lewe se titel roep ‘n vae klingel van “day in the life” video’s op maar maak die potentieële leser net nuuskierig genoeg om te wil weet wat het in dáái jaar gebeur.
Dit is ‘n deurleefde “coming of age” boek wat jou op reis neem saam met Martin en Liam.
Twee boeke wat belangrik is vir tieners en volwassenes om te lees en wat lekker is om te lees.
Sterkte vir die Matrieks wat hierdie week begin eksamen skryf het. En vir dié van julle wat lees - hierdie is lekker leesboeke wat jy nie hoef te ontleed of opstelle oor hoef te skryf nie.
Dankie @penguinbookssouthafrica @penguinbooksyasa @lapa_kinder_en_jeugboeke @lapa_uitgewers @lgpretorius vir lekker vakansie en voornemende eksamen vermaak 📖📚☕️
4 months ago